Ons soek Sondagskool- en kinderklub werkers wat dit kan aanbied, asook Mammas wat dit vir ‘n groepie kinders in hul huise kan aanbied...
Epos gerus vir Henry by cwhl@live.co.uk
Vir meer inligting oor die videos en hoe dit werk, kliek gerus hier.
Skriftelike weergawe (transcript) van video hierbo
Goeie dag, ons is
baie bly u het die moeite gedoen om hierdie blad oop te maak. Ons wil u graag
aan ons videoreeks vir kinders bekendstel.
Die Here Jesus
het deur die Heilige Gees op ons harte gelê om vir kinders Bybelwaarhede en
lewenswaardes te leer. Omdat alle mense, en veral kinders, baie lief is om
videos te kyk, het ons gevoel die Here wil hê ons moet van videos as ‘n medium
gebruik maak. Ons het 79 kort videos van 3 tot 5 minute elk gemaak. Daarmee
saam het ons ‘n stel vrae oor elke video opgestel.
Ons wys die video
vir ‘n groep kinders en vra dan die vrae, om daardeur te sien hoe hulle
geluister het en om die kennis weer vas te lê. Ons gebruik ook die geleentheid,
terwyl ons die vrae vra, om vir die kinders iets ekstra te leer, soos die Here
ons lei. Die kinders geniet dit baie.
Oorspronklik is
die videos in Engels gemaak, maar vir die Afrikaanse kinders “pause” ons die
video kort-kort na ‘n paar sinne en sê of lees dan die woorde in
Afrikaans. Ons vra ook die vrae in
Afrikaans.
Die kinders kry
dus die boodskap ‘n paar keer deur dit te hoor in Afrikaans en Engels, dit te
lees en in prentjies te sien en dan ook deur die vrae. Ons pas ook die vrae aan
by die kinders se ouderdomme.
Hieronder is een
van ons aanbiedings wat Julia vir ‘n denkbeeldige gehoor gemaak het, en twee
lewendige aanbiedings wat Henry en Julia onderskeidelik gemaak het by ons
kinderklubs. Laasgenoemde is met ‘n selfoon gemaak, net sodat u ‘n lewendige
aanbieding kan beleef. Dis nie bedoel om ‘n studio kwaliteit opname te wees
nie.
Ons soek
Sondagskool- en kinderklub werkers wat dit kan aanbied, asook Mammas wat dit
vir ‘n groepie kinders in hul huise kan aanbied. Al wat u nodig het is ‘n
platskerm televisiestel. Ons voorsien die opleiding, al die videos op ‘n USB
stokkie wat u direk in die televisie kan inprop, asook die Afrikaanse “script”
wat u kan voorlees wanneer u die video “pause”en ook die vrae in Afrikaans en
Engels. Indien u onseker is of u dit sal kan doen, wil ons u verseker dis baie
eenvoudig. Al wat u nodig het is u liefde vir die Here en vir kinders en die
passie om hulle op ‘n Bybelse weg te plaas. Voorbereiding vir ‘n aanbieding is
minimaal omdat alles reeds voorberei is.
Ons het ‘n ligte
32 duim televisiestel wat ons met ons saamdra wanneer ons groepe kinders gaan onderrig.
Kyk gerus na die videos hieronder. Skakel ons dan deur die persoon, wat op sosiale media die skakel na hierdie videos aan u gestuur het. U kan ook vir Henry by cwhl@live.co.uk epos.