Monday, April 24, 2023

Wil u graag kinders help?

Ons soek Sondagskool- en kinderklub werkers wat dit kan aanbied, asook Mammas wat dit vir ‘n groepie kinders in hul huise kan aanbied...



Epos gerus vir Henry by cwhl@live.co.uk 

Vir meer inligting oor die videos en hoe dit werk, kliek gerus hier.

Skriftelike weergawe (transcript) van video hierbo

Goeie dag, ons is baie bly u het die moeite gedoen om hierdie blad oop te maak. Ons wil u graag aan ons videoreeks vir kinders bekendstel.

Die Here Jesus het deur die Heilige Gees op ons harte gelê om vir kinders Bybelwaarhede en lewenswaardes te leer. Omdat alle mense, en veral kinders, baie lief is om videos te kyk, het ons gevoel die Here wil hê ons moet van videos as ‘n medium gebruik maak. Ons het 79 kort videos van 3 tot 5 minute elk gemaak. Daarmee saam het ons ‘n stel vrae oor elke video opgestel.

Ons wys die video vir ‘n groep kinders en vra dan die vrae, om daardeur te sien hoe hulle geluister het en om die kennis weer vas te lê. Ons gebruik ook die geleentheid, terwyl ons die vrae vra, om vir die kinders iets ekstra te leer, soos die Here ons lei. Die kinders geniet dit baie.

Oorspronklik is die videos in Engels gemaak, maar vir die Afrikaanse kinders “pause” ons die video kort-kort na ‘n paar sinne en sê of lees dan die woorde in Afrikaans.  Ons vra ook die vrae in Afrikaans.

Die kinders kry dus die boodskap ‘n paar keer deur dit te hoor in Afrikaans en Engels, dit te lees en in prentjies te sien en dan ook deur die vrae. Ons pas ook die vrae aan by die kinders se ouderdomme.

Hieronder is een van ons aanbiedings wat Julia vir ‘n denkbeeldige gehoor gemaak het, en twee lewendige aanbiedings wat Henry en Julia onderskeidelik gemaak het by ons kinderklubs. Laasgenoemde is met ‘n selfoon gemaak, net sodat u ‘n lewendige aanbieding kan beleef. Dis nie bedoel om ‘n studio kwaliteit opname te wees nie.

Ons soek Sondagskool- en kinderklub werkers wat dit kan aanbied, asook Mammas wat dit vir ‘n groepie kinders in hul huise kan aanbied. Al wat u nodig het is ‘n platskerm televisiestel. Ons voorsien die opleiding, al die videos op ‘n USB stokkie wat u direk in die televisie kan inprop, asook die Afrikaanse “script” wat u kan voorlees wanneer u die video “pause”en ook die vrae in Afrikaans en Engels. Indien u onseker is of u dit sal kan doen, wil ons u verseker dis baie eenvoudig. Al wat u nodig het is u liefde vir die Here en vir kinders en die passie om hulle op ‘n Bybelse weg te plaas. Voorbereiding vir ‘n aanbieding is minimaal omdat alles reeds voorberei is.

Ons het ‘n ligte 32 duim televisiestel wat ons met ons saamdra wanneer ons groepe kinders gaan onderrig.

Kyk gerus na die videos hieronder. Skakel ons dan deur die persoon, wat op sosiale media die skakel na hierdie videos aan u gestuur het. U kan ook vir Henry by cwhl@live.co.uk epos. 

Studio aanbieding vir 'n denkbeeldige gehoor
1. Die Skepping (Creation)




Julia se lewendige aanbieding
13. Werk as een (Work as One)


Henry se lewendige aanbieding
14. God called Abram


Vir meer inligting oor die videos en hoe dit werk, kliek gerus hier.






 

Wil u graag kinders help?

Ons soek Sondagskool- en kinderklub werkers wat dit kan aanbied, asook Mammas wat dit vir ‘n groepie kinders in hul huise kan aanbied... Epo...